GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 81

WAARDEKETTING | LIVING WATER / RAIN SPA
Heel bo : Julius Bosch bestuur al die bedrywighede
op Dalrivier . ‘ n groot verskeidenheid skoonheidsprodukte word onder die Rain-reeks vervaardig , onder andere ; Biologie , Savannah , Bee Essentials , G-range , Aloe Essentials en vele meer . selfs lasersnyers om die werk op die hoogste standaard te kan doen .”
Rural Maintenance verskaf krag aan munisipaliteite wat nie self dienste kan lewer nie . Hulle doen dit deur hul kragnetwerk oor te neem en dan elektrisiteit aan die inwoners van dorpe wat inkoop , te verskaf . Hulle koop die krag steeds van Eskom , maar die geld gaan nie na die munisipaliteite nie , eerder direk na die kragverskaffer om so dienslewering aan die gemeenskap te verseker .
Netelek is nog ’ n filiaal van Rural . Hierdie maatskappy vervaardig en bedryf elektriese moniteringstelsels en hulle is in die Paarl gesetel .
Die onderneming is in 1999 in Ladybrand deur Julius se pa , Chris Bosch , begin . Rain was in daardie stadium op Swellendam gesetel maar is in 2014 na Dalrivier in die Paarl verskuif nadat dit deur die Bosch-familie oorgeneem is . Volgens Julius het hulle nie baie kapitaal gehad om in die maatskappy te belê nie , maar hulle kon die infrastruktuur deur middel van die ander filiale verskaf . As gevolg van die betrokkenheid van Netelek en hul voorraadbeheerstelsel , het hulle bygedra
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 81