GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 80

LIVING WATER / RAIN SPA | WAARDEKETTING
Bo : Klei-branders waarin reukolies gebrand word , word op die perseel gemaak .
Die verhaal begin eintlik in die Vrystaat waar die Remig-groep al ’ n groot naam met hul kragvoorsieningstelsels aan dorpe gemaak het . Frankfort , Villiers , Tweeling en Cornelia spog met netjiese kragpale , drade , substasies , transformators en selfs twee sonpaneelplase . Dis alles deel van Rural Free State , een van die filiale wat deel van hierdie innoverende groep is . Die Paarlse perseel speel ’ n belangrike rol omdat talle van hulle vervaardigingsafdelings wat onderdele en toerusting aan hierdie ondernemings verskaf , hier gehuisves word .
Julius verduidelik : ” Ons het spanne ingenieurs , argitekte , staalwerkers , sweisers , elektrisiëns en bouers wat ons help om selfvoorsienend te wees . As ons ‘ n nuwe winkel oopmaak , bou ons self al die rakke en infrastruktuur . En as dit elders in die land gebeur , vervoer ons alles soontoe . Hier is volledigtoegeruste werkswinkels om al die werk te hanteer en ons staalwerke is toegerus met draaibanke , sweismasjinerie en
80 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023