GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 79

NAAM : Dalrivier Plaas , RAIN-skoonheidsmiddels EIENAAR : Bosch-familie AREA : Paarl , Wes-Kaap KONTAK : julius @ remig . co . za
WAARDEKETTING | LIVING WATER / RAIN SPA
WOORDE : DANIE KEET | FOTOGRAFIE : MIA TRUTER EN VERSKAF

NAAM : Dalrivier Plaas , RAIN-skoonheidsmiddels EIENAAR : Bosch-familie AREA : Paarl , Wes-Kaap KONTAK : julius @ remig . co . za

As ‘ n mens daarna verwys om selfvoorsienend en -onderhoudend te wees , hoef jy nie veel verder te kyk as Dalrivier plaas se Living Waters in die Paarl nie . Julius Bosch , bestuurder van iets wat nie anders beskryf kan word as ‘ n veelvuldigheid van ondernemings nie , is hier in beheer van spanne kundiges wat die verskeidenheid besighede bedryf . Een van die belangrikstes , is die Rain-reeks van skoonheidsmiddels , maar daar is verskeie ander .

Heel links bo : Anna Lena werk in die aanleg waar sagte speelgoed vir verkope saam met Rain-produkte ontwerp en vervaardig word . Heel links onder : meer as 400 produkte in die Rain-reeks word hier vervaardig . Middel bo : Kate Bosch is ‘ n chemiese ingenieur en hou ‘ n ogie oor die vervaardigingsproses en is ook vir nuwe produkontwikkeling verantwoordelik . Middel onder : ‘ n groot verskeidenheid skoonheidsprodukte word onder die Rain-reeks vervaardig , onder andere ; Biologie , Savannah , Bee Essentials , G-range , Aloe Essentials en vele meer .
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 79