GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 74

TUINE | DOHNE MERINO EN ROSYNTJIES
DERTIG TON PILLE PER MAAND
Dit is vanjaar so droog dat sy skape al heeljaar in die krale staan . “ Ons kort beslis goeie reën . Ek sou dit nie kon bekostig om soveel ooie vir so lank te voer as dit nie vir die pilmasjien en voer-aanleg op die plaas was nie ,” sê hy . NJ het tien jaar gelede begin om sy eie pille te maak en en kan tot een ton pille per uur produseer . Hy produseer ook sy eie ruvoer en koop mielies en minerale aan wat saam met ‘ n Feedtec-mengsel en melassestroop deur die pilmasjien gevoer word . Die plaas maak ongeveer dertig ton pille per maand , wat bestaan uit
‘ n mengsel vir dragtige ooie , ‘ n lamhok-mengsel , ‘ n ná-lam mengsel en kruipvoer vir die lammers . “ Pille se vermorsing is 30 % minder as los voer wat deur die wind weggewaai word . Die skape se neuse is ook skoner omdat daar minder stof in die lug is . Twee jaar ná ek die pilmasjien gekoop het , het ek reeds die insetkoste van die voeraanleg verhaal ,” sê NJ .
74 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023