GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 73

DOHNE MERINO EN ROSYNTJIES | TUINE
begin en sal sy ooie nooit weer in die veld laat lam nie . “ In goeie jare in die veld was ons lamtelling 100 % en die speentelling was tussen 60 % en 70 %. In die lamhok kry ons ‘ n lamtelling van 130 % en speen 125 % van die lammers .” Enkel lammers spandeer vyf dae met die ooi in die lamhok voor hulle na kampe uitgeplaas word , tweelinge bly sewe dae en drielinge bly nege dae in die “ kraamsaal ”.
Die ooie word van November tot Januarie gesinkroniseer deur ‘ n koggelram tussen die ooie los te laat . Die koggelram sinkroniseer die ooie se ovulasie-siklus . Na veertien dae plaas hulle ‘ n Cdir hormoon-inplanting in elke ooi , wat na veertien dae weer uitgehaal word . Die ooie word met DMS ingespuit en 36 uur later super-ovuleer hulle , waarna hulle ram kry . Elke ram kry vyf ooie en na 14 dae word ‘ n opvolgram ingesit , wat dertig dae later uitgehaal word . Op 60 dae dragtigheid word sy ooie geskandeer . “ Daar ’ s nie ‘ n ding van ‘ nooit ’ in die lewe nie ,” sê hy . “ Ons sal beslis laparoskopie en KI in die toekoms oorweeg .”

“ Wanneer dit by sand kom , is rosyntjies soos braaivleis .”

Dit is nie net die ooie wat baie voorbereiding verg nie . Die 70 ramme word omtrent opgepiep vir hul optrede . “ Van Augustusmaand begin jy jou ramme voorberei , met minerale , die regte kossies en genoeg oefening .” Die ramme se fiksheidroetine begin met ‘ n 500 m stappie per dag wat stelselmatig tot omtrent 1,5 km per dag verleng word . “ Hy moet ‘ n goeie stappie maak , maar nooit so vinnig dat sy balsak teen sy bene kap nie , want dan kry die saad seer . Hulle moet in goeie kondisie wees ,” sê NJ .
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 73