GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 67

VOLHOUBAAR | PECAN STREAM kompos wat ek self maak . Hulle vreet dit en hul ontlasting word die sop . Baie ryk aan noodsaaklike voedingstowwe . Terloops , gebruik hierdie sop in jou groentetuin en , ou maat , jou aartappels word pampoene en die pampoene wilwil met trekkerwiele meeding . Maandeliks word die sop natgemaak en ek sit ongeveer ʼn duisend liter per hektaar op die boord uit .”
Mense kan iemand anders afmaak as ʼn laelak , selfs ʼn wurm . Onthou egter wurms met gesonde opelyf is die pekanneutboer se beste bate .
As verdere voeding word die gesnyde dekgewasse net daar gelos om op te breek en terug te keer na die grond toe .
Ten spyte van die dam wat oorloop en die wurms wat ooploop , is daar tog uitdagings . Die vernaamste in hierdie omgewing is skurfsiekte . Hierdie jaar was die aanslag bykans vergelykbaar met die Russiese ‘ spesiale militêre operasie ’ in die Oekraïne en alhoewel boere moedig terugbaklei het , is aansienlike skade gely .
“ Ons het by ons boordbestuurders aangeklop om nuwe programme te ontwikkel en tot by die Meksikaners raad gevra . Hulle beskik seker die oudste pekanneutboerderye ter wêreld . En onthou die pekanneutboom dra vir twee- tot driehonderd jaar . Ek sê jou as ek twintig jaar gelede al die inligting omtrent pekanneute gehad het wat ek vandag het , sou ek toe alles wat ek besit het in hierdie bedryf gedruk het .”
Jy plant vir generasies wat ná jou kom en maak sodoende ʼn heilsame belegging vir die toekoms . Seëning op seëning óók vir die nageslagte .
Onthou : vyf – hooftelwoord en priemgetal – is die getal om jou drome waar te maak . Kry dit verkeerd en ses van die bestes is jou voorland .
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 67