GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 65

VOLHOUBAAR | PECAN STREAM blink kan baie maklik in onder stink ontaard . Die eerste 100 ml bestaan uit die bogrond met dekgewasse wat uiteraard daar groei en water opneem . Die volgende 200 ml hou miskien die water langer . Nou weet die landbouer slegs die bogrond is droog en benat bloot vir ʼn uur en nie die hele dag nie . Die monitors stel jou dus in staat om die waterprofiel te kan sien .
“ Kyk op sy beurt nou weer na die boom se wortels en jy sien die eerste 300 ml tot 400 ml is die sywortels en dit is hulle funksie om die voedingstowwe uit die grond te haal . En jy moet baie seker wees daardie sywortels het genoeg water om hul werk te doen . Net so belangrik is dit om seker te maak die water loop af tot reg onder .”
Pekanneutbome is nie net dors nie , hulle is ook baie honger . Om hierdie immer dreigende nood te bekamp , maak Wessel gebruik van sy wurmsop . Hiervoor word ʼn wurmkultivar ingespan .
“ Die wurms kry klaar gebluste
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 65