GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 55

BOERBOKKE | PEDROSKLOOF
Berto se dorpers loop op die plat grond , terwyl die boerbok teen die heuwels wei . Die boerbok vreet kos bó een meter van die grond af en die damara , wat saam met hulle loop , wei onder een meter . Dubbelbeweiding . die noodsaaklike band te vorm , en dit verg arbeid .”
Berto se verweer is ʼn stoor met lamkrale in en hy sinkroniseer sy diere om elke twee weke 40 tot 60 te laat lam .
Sy kudde dorpers loop op die plat gronde en die bokke , saam met damaras , teen die steiltes . “ Die boerbok vreet een meter en hoër van die grond af . Hy wil op sy agterpote staan en vreet . Die damara daarenteen vreet op sy beurt weer die veld onder die eenmeter-merk . Dus kan jy die veld dubbeld benut .”
Ons is terug by die pienk bakkie en Mike dring daarop aan om ʼn foto van Sulene en Berto agterop die tjor te neem . Ons gasheer is ʼn man vir alle seisoene en hy klim .
“ Ek moet bieg , dié pienk bakkie en windpomp doen baie vir die restaurant en die restaurant doen weer baie vir ons algehele behoud .” Sulene sal daai bek ʼn soen moet gee .
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 55