GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 43

KAAS | VAN GAALEN KAASMAKERIJ en pofadders verwys . Victor ry hulle natuurlik almal gereeld om seker te maak die roetes is steeds in ʼn puik toestand .
Die ouer man op die grassnytrekker wat ons vroeër gesien het , is Erik , Victor se pa en Annelies se wederhelf , en hy is die een wat aanvanklik hierdie roetes gevestig het . Net so fiksheidsbewus soos sy seun . Maar hy was onlangs in ʼn fietsongeluk betrokke en is nou gedeeltelik verlam . Maar met die tipies
Nederlandse kanniedoodgees , rus hy nie op sy louere nie . Hy werk nou ook as plaasbestuurder .
Loer by die kaasplaas in en pamperlang jouself met spys en drank uit die boonste rakke . En sodra daardie gevoel van geluksaligheid in die geselskap van hierdie vindingryke Nederlanders oor jou neerdaal , sal jy besef dat daar baie wonderlike dinge is waarvoor ons Jan en Maria en die bullenbijter kan bedank .
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 43