GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 42

VAN GAALEN KAASMAKERIJ | KAAS
Regs : Daar word agt verskillende soorte gekruide kase gemaak . Heel regs : Jy kan natuurlik ook ander soorte kaas op die plaas koop , maar hulle word deur ander kaasmakers voorsien
1000 TREË VIR ELKE TEUG
En nog is het einde niet . Vroeër is Van Gaalen Kaasmakerij se unieke diversifisering genoem . Bo en behalwe kaastoere , kan jy hier ʼn wyntoer met ʼn kinkel in die stert beleef . Jy stap vir een kilometer van die restaurant af en daar bevind jy jou in die hande van ʼn sommelier wat jou aan ʼn gegewe wynmaker se aqua vitae bekendstel . ʼn Kilometer verder en ditto . Tot en met nommer vyf . Gesondheid !
Jy kan bier en borrels by die Terrace @ Van Gaalen geniet en sommer na van die land se voorste musikante kom luister . Daar ’ s ook trekkerritte en vele ander doendinge .
Dit is hier waar Victor se fiksheid in die gedrang kom . Die plaas het ʼn verskeidenheid bergfiets- en landlooproetes – daar ’ s maklikes vir my en Mike en dan is daar ander vir die gespierdes , met name wat na selfmoord
42 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023