GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 41

KAAS | VAN GAALEN KAASMAKERIJ
geneem of harde of sagte kase gemaak gaan word . Vandaar plaas Victor die wrongel in vorms onder presies die regte hoeveelheid druk .
GROTER DRUK , DIGTER STUK
Hierdie blad : hierdie is die hart van die kaasmakerij . Besoekers kan die proses deur die vensters bestudeer en weet hier is g ’ n skelet in die kloset nie .
“ Hoe groter die druk , hoe meer wei word afgeskei en word die kaas uiteindelik harder . Indien jy egter te veel druk plaas , sal die kaas so hard wees dat jy dit nie sal kan eet nie .”
Die volgende fase is waar die kaas in sout geweek word . Hierdie proses verseker die regte soutsmaak en dien ook as ʼn natuurlike bewaar-middel . “ Ons verouder kaas tot ongeveer een jaar en daarna word dit aan die publiek beskikbaar gestel .”
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 41