GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 40

VAN GAALEN KAASMAKERIJ | KAAS
In wese is daar nege kaaskategorieë of kaasfamilies in die wêreld waarin alle kase geklassifiseer kan word : vars , sagte , halfsag , halfhard , hard , ekstra hard , blouskimmel , wrongel- en geprosesseerde kaas . Die kategorieë is oor die afgelope paar eeue gevestig en word toegeskryf aan die metodes wat gebruik word om ʼn kaas te maak wat ʼn spesifieke voorkoms , tekstuur en geur het . Dieselfde stappe word in al die kategorieë gevolg , maar verskillende tipes kaas word verkry deur klein veranderinge aan ‘ n stap in die proses of die proses self te maak . Party stappe kan selfs weggelaat word , byvoorbeeld die meganiese saampersing om vars kaas te maak . Kaasmakers ontwikkel voortdurend nuwe kase deur die metode van ʼn kategorie noemenswaardig te verandering . Enige beduidende afwyking in die proses om cheddar te maak , sal ʼn nuwe tipe hardekaas tot gevolg hê , want die voorkoms , tekstuur en geur sal van cheddar s ’ n verskil . Dit sal dan as ʼn nuwe hardekaas beskou word . Al word nuwe kaaskategorieë dus nie ontwikkel nie , word nuwe kase die heeltyd ontwikkel . Bestaan daar ʼn eg Suid-Afrikaanse kaas ? Die blote feit dat ʼn kaas plaaslik gemaak word , beteken sekerlik dat dit inheems is . Het ons egter ʼn nuwe tipe kaas ontdek ? Party mense sou byvoorbeeld sê dat ons voorwaar kan spog met plaaslik gemaakte kase soos Langbaken Karoo Cheese se Karoo Crumble en hulle Stout Willis , asook Dalewood Fromage se halfharde Huguenot . Die toekennings wat SA se kase verwerf , wys ook dat die wêreld notisie neem van ons vernuf .

VAN GAALEN KAASMAKERIJ | KAAS

Het Suid-Afrika ’ n eg plaaslike kaas ?

40 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023