GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 35

KAAS | VAN GAALEN KAASMAKERIJ
gewildste kaas , verwar word .”
Die voorafgaande lei tot ʼn logiese vraag . Indien ál hierdie ander lande nasionale kase maak , hoekom is daar nie ʼn eg Suid-Afrikaanse weergawe nie ? Jan van Riebeeck was tog immers ʼn Nederlander en moes van sy beleë gouda gehou het .
Boonop , met sy en Maria se aankoms , het hulle ʼn bullenbijter ( die boerboel se oergrootjie ) by hulle gehad . En die brak moes tog iets hê om te byt , of hoe ? Die Nederlanders het immers biltong hier kom maak (‘ bil ’ is Nederlands vir kruisskyf en ‘ tong ’ beteken strook ). Die punt is : die Nederlanders ( en ander ) het met ou kennis hier aangekom en nuwe gebruike ontwikkel . Soos om te braai . En dit is tog ʼn eg Suid-Afrikaanse instelling .
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 35