GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 34

VAN GAALEN KAASMAKERIJ | KAAS
“ Dit is eintlik baie eenvoudig ,” belig Victor my en Mike se vernederende dofheid . “ Daardie lande het elkeen iets anders tot hul beskikking gehad . Nederland is bekend vir gesogte koeimelk .
Die Grieke hou bokke aan omrede bees nie daar aard nie . In Turkye kom weer baie skaap voor . En dies meer .”
Volgens Victor verkies die Nederlanders meer beleë kaas teenoor Suid-Afrikaners se voorliefde vir die jonger , ligter verskeidenheid .
“ Die Italianers en Franse hou weer van die meer onwelriekende soorte . Ek grap sommer . Jy kry baie verskillende kase en dienooreenkomstige smake in elke land . In ons huis is die woord ‘ cheddar ’ byvoorbeeld ʼn vloekwoord , omdat dit ʼn Engelse tipe is en maklik met gouda , seker Nederland se
Hierdie foto : Viktor Schipper is nie net ʼn meesterkaasmaker nie , maar ook superfiks en goed bedeeld met vernuwende denke .
Regs : Hier is iets vir ieder en elk . Jy kan selfs op kaas-en-wyn -staptoere gaan .
34 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023