GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 33

KAAS | VAN GAALEN KAASMAKERIJ maar nadat ons hier hervestig het , het ons begin om kaas aan die publiek beskikbaar te stel en kaastoere aan te bied .”
Soos van die besigheid se naam afgelei kan word , het die Van Gaalens hul herkoms in Nederland en het hulle vele van daardie vindingryke volk se innoverende praktyke ter plaatse kom beoefen . Nie net blomme , kaas en vernuwing nie , óók die vermoë om op hul voete ( stewig , selfs in klompe ) te dink . Ons praat later verder oor hierdie besonderse eienskap .
RASEGTE KAAS
Op pad na die plaas toe wonder Mike hardop oor die rede vir al die verskillende soorte kaas – seker omdat sy ouers oorspronklik van Switserland en Italië afkomstig is . Eiesoortige kase uit Nederland , Frankryk , Griekeland , Switserland en Italië . Skaap- , buffel- en bokmelkkaas en allerlei ander . Ten spyte van beide ons vermaarde stamlande , Duitsland en Italië , met hul roemvolle denkers soos Friedrich Nietzsche en Umberto Eco , ontwyk die antwoord egter .
Hierdie foto : Hier word uitsluitlik goudakaas gemaak .
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 33