GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 32

VAN GAALEN KAASMAKERIJ | KAAS

“ Ons verouder kaas tot ongeveer een jaar en daarna word dit aan die publiek beskikbaar gestel .”

DIE SKIPPERS STAAN AAN WAL
Nietemin , ons word deur die fatsoenlike Anja Schipper ( menseverhoudings en bestuur ) ontvang en ons neem stelling in in die restaurant se opelug-area . Bome , damme , lowerryke velde en berge . Die jong atleet sluit by ons aan en stel hom voor as Victor Schipper , plaasbestuurder .
Nou , ek en Mike het al voorheen met ‘ n paar kaasmakers gesels en dit het nie voorgekom asof mense wat hierdie kulinêre kunsvorm beoefen , noodwendig die tipe siele is wat die Comrades-ultramarathon kafdraf of voor brekfis heen en weer Robbeneiland toe swem nie . Ons hoor later dat hierdie fiksheid ʼn baie oorspronklike benadering ten opsigte van diversifisering en risikoverspreiding is . ʼn Verdere oorspronklikheid doen haar voor . Eienaar , Annelies van Gaalen neem via die kuberruim op Anja se rekenaar deel aan die gesprek vanuit Kenia waar sy tans by die Verenigde Nasies werksaam is .
Victor : “ Van Gaalen Kaasmakerij is in 1994 deur my ma , Annelies , begin . Sy het aanvanklik kaas in ʼn skuur op ʼn blom-plaas bo in die berge in Skeerpoort gemaak ,
32 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023