GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 31

KAAS | VAN GAALEN KAASMAKERIJ

Mooi is soms ’ n palimpses bo-oor tragedie geskilder . Waar trane van plesier die hartseer verbloem . Dis wat ek en Mike ( ons fotograaf ) by Van Gaalen Kaasmakerij ontdek . Die spogplaas met die kaasfabriek , winkel , restaurant en tuine ten midde van die prentjiemooi Skeerpoort naby die Magaliesberge . Eenkant is ’ n jong , atletiese , blonde man besig om met ’ n trop bosvarke touch rugby te speel – altans dit lyk só . Anderkant ry ’ n ouer man op ’ n grassnytrekker om die opruiende natuur in hierdie vrugbare vallei in toom te probeer hou . Ons sal later uitvind dat die atletiese jong man en die ouer een op die trekker die twee teenpole op ’ n kontinuum is .

Links bo : Anja Schipper kan met reg trots wees op die tradisionele goudakase wat op die plaas geproduseer word .
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 31