GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 22

NUUS | BROKKIES

Laeveld Agrochem help groente t . w . v . R2000 vir minder as R300 skep

gee vir ‘ n mens groente , en jy gee hom of haar kos vir ‘ n dag ; bemagtig ‘ n mens om sy eie groente te verbou en jy voed hulle en hul geliefdes ‘ n leeftyd lank .
Dit is hierdie praktiese wysheid wat die span by Laeveld Agrochem geïnspireer het om met hul vernuwende AgricultSURE-groentesaadpakke vorendag te kom . Deur die Food for Good Challenge kan ‘ n groentesaadpak bestel kan word om te skenk aan iemand wat ‘ n huistuin vol vars groente daaruit kan verbou .
Die koste is R259 per pak wat tot 150kg groente kan lewer . Die pakke bestaan uit sade vir agt tipes groente , ‘ n geïllustreerde instruksiehandleiding , kunsmis en grondverbeterings- en geïntegreerde pesbeheerprodukte asook gereedskap om plantspasiëring te meet .
Volgens Kobus Hurter , die stigter en primêre dryfkrag agter AgricultSURE , sal die groente wat uit ‘ n saadpak geproduseer word genoegsaam wees om ‘ n behoeftige gesin van ses vir ses weke te voed .
“ Vir minder as R300 kry ‘ n mens groente ter waarde van sowat R2000 asook al die insette wat nodig is om ‘ n topgehalte tuin tot stand te bring . En al wat nodig is om dié tuin aan die gang te kry , is 15m ². “ Ons daag maatskappye uit om deel te neem , omdat hul betrokkenheid ‘ n langdurige positiewe impak kan hê in die gebiede waar
22 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023
hul arbeiders bly ,” se Hurter .
LAC-bemarkingsdirekteur Corné Liebenberg voeg by : “ Om meer mense te help om weer op hul voete kom , kan lei tot die skepping van ‘ n stabiele omgewing en minder mense wat op die regering of ander eksterne bronne afhanklik is vir hulp . In so ‘ n atmosfeer kan besighede floreer , en dit is presies waarom ons ander ondernemings uitdaag om betrokke te raak by die op-bou van ons land deur landbou ,” is sy slotsom .