GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 17

BROKKIES | NUUS
Livestock Wealth het duisende mense gehelp om via sy platform in tasbare , groeiende bates te belê . Die besigheid het onlangs ‘ n R10 miljoen befondsing hupstoot van die Mineworkers Investment Company ( MIC ), deur die Khulisani Ventures beleggingsvoertuig ontvang .
Grond Tot Mond het vir Ntuthuko Shezi gevra hoe sy tipiese App-boer lyk , asook wat die minimum bedrag is wat mens moet neersit om saam te boer .
“ Die minimum bedrag is sowat R2000 vir een makadamia-boom . Ons tipiese belegger is soos verwag meestal professionale mense wat tegnologies vaardig is en met enkele uitsonderings , in die ouderdomsgroep van 39 tot 54 is .”
Hoe werk dit ?
“ Eenvoudig , jy registreer en betaal . ‘ n Netwerk van kleinboere word dan in verbinding gesit met aanlyn-beleggers . Jy het geen ondervinding met boerdery of beleggings nodig nie , alles word vir jou gedoen .”
Vryweibees bees : “ Jou vryweibees bees word vir ses maande bestuur . Sodra dit die toepaslike gewig (+/ - 500 kg ) bereik , sal dit as vryweibees geslag en verkoop word .”
dragtige koei :
“ Die dragtigheidstydperk vir beeste is nege maande . Die belegging begin sodra bevestig is dat die koei dragtig is en eindig wanneer die kalf gespeen en verkoop word . Die gemiddelde tydperk vir hierdie is 12 maande .”
gekoppelde groentetuin : “ Ervare boere bestuur jou tuin . Hulle sal groente produseer wat maandeliks vanaf die derde maand gelewer word .”
MakadaMia-booM :
“ Makadamias is tans die hoogste verdienste landbouproduk per hektaar . Jy kan die boom besit soos dit groei . Hulle neem ses jaar om die eerste inkomste te produseer .
ander boerdery en bates ?
“ Ons platform is gereed vir enige produk dis net ‘ n kwessie dat ons moet voel die produk sal op die langtermyn ‘ n goeie belegging wees .
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 17