NUUS | BROKKIES
Boer op jou foon - letterlik
Deur René Lötter
Koop vir iemand ‘ n boom vir hul verjaarsdag . Nie een wat later stof gaan vergader nie , ‘ n regte boom , wat neute dra en oor jare ‘ n opbrengs kan verdien . Jy kan ook ‘ n aandeel in ‘ n groentetuin koop , of ‘ n bees .
Duisende kantoorwerkers in Suid Afrika met so min as R2000 om neer te sit kan nou ‘ n belegging in ‘ n boerdery koop .
Toegang tot landbou en finansiering in Suid-Afrika soos in die meeste lande was nog altyd deur regeringsbeleid en banke bepaal en dis moeilik vir klein of beginnerboere om suksesvol te begin boer .
Die digitale ekonomie begin hier ‘ n groot verskil maak . Beginner-ondernemings skep digitale platforms om boere toegang te bied tot kapitaal wat deur skarebefondsing verkry word , terwyl dit ook verbruikers in staat stel om direk van boere te koop . Dit stel boere in staat om kapitaal van ‘ n groep beleggers te verkry , dikwels met ingeboude winsdelingskemas . Sulke platforms bemagtig landbouers om te floreer waar hulle voorheen gesukkel het .
Crowdfarming is die nuwe woord wat soos crowd-financing die afgelope paar jaar begin spoed optel het . Livestock Wealth , ‘ n Suid- Afrikaanse skarefinansiering tegnologie platform , is in 2015 deur die ingenieur Ntuthuko Shezi , gestig . Dit word nou deur duisende “ foonboere ” gebruik om beeste , tuine en makadamia-bome te produseer .
16 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023