GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Seite 14

14 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023
SWEETWATER KLEPPE | PROMOSIE
KREATIEWE HOTSPOT
Sweetwater-plaas se naam is afgelei van twee sterk fonteine . Hier tref mens nie net ’ n familie aan wie se planne en ywer nooit ophou nie , maar ’ n familie wat hierdie waardes , vaardighede en werksetiek van ’ n jong ouderdom af ook in elk van die nege klein kinders vaslê soos wat hulle byna daagliks leef in die lig van hierdie suksesvolle , innoverende en tog nederige groep mense . Wat Sweetwater egter besonder spesiaal maak , is die feit dat dit regtig nie sommer net nog ’ n plaas is nie , maar eerder ’ n kreatiewe hotspot van innovasie , passie , liefde en drome . Nie net bied die vlotterklep-produksie talle werksgeleenthede wat ook vaardighede verskerp nie , maar tussen pa en seun maak spanwerk soveel verskillende drome waar . Díe groot aanvraag na die kleppe het nie net in Ben se skoot geval nie ; hy en sy vrou , Malie , wat die bestellings en verpakking hanteer , het self die land plat gery om hul produk aan boere , koöperasies en landbouwinkels bekend
te stel en vandag pluk hulle die vrugte van hulle arbeid .
WERKVERSKAFFING IN MOEILIKE TYE
Die sluiting van die melkery destyds het amper veroorsaak dat baie mense hul werk verloor . Danksy die vlotterklep-vervaardiging is niemand egter werkloos gelaat nie . Aan die begin is die kleppe sommer onder ’ n afdak gemaak en elke gaatjie nog met die hand geboor , maar vandag is die werkers almal opgelei in een van die produksielyne en word groot masjienerie gebruik om

14 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023