GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 13

FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 13
PROMOSIE | SWEETWATER KLEPPE
Die familie se melkbeeste het in groepe van omtrent 40 gewei . Die beeste wou gewoonlik gelyk by die krip kom suip , nes ons mense ook mos maar . Die 20 mm toevoerpypie was egter nie groot genoeg vir water wat sterk moes vloei nie en die te klein flotterklep moes dus uitgedraai word . Daar was duidelik ‘ n behoefte aan ‘ n groter klep wat water ongehinderd en teen volle sterkte in die krip kon laat invloei . Hulle het kleppe vir hul eie gebruik begin maak . Ben , wat die jongste van drie kinders was , het in 1980 by sy pa op die plaas aangesluit en die melkery uitgebrei . Maar die bedryf het veral in die Vrystaat begin swaarkry en in 2002 het Ben die melkery opgegee en oorgeskakel na Bovelderbeeste , skape en gewasse . Maar in 2004 het iets gebeur wat dinge
in ‘ n nuwe rigting gestuur het : die eerste Sweetwater-vlotterklep word aan ’ n boer van Zastron verkoop . Die Ingram-familie laat die klep in 2006 vir ’ n periode van 10 jaar registreer , en intussen word OVK die eerste landboumaatskappy wat die klep in sy winkels verkoop . Ben se seun MG , het ingenieurswese studeer en in 2013 sluit hy en sy vrou Elizma ook by die besigheid aan . MG is by die vervaardiging van die vlotterkleppe betrokke . Die ontwerp en vervaardiging is sedertdien verfyn en met hul vernuf word die klep deesdae met ’ n lasersnyer uit vlekvrye staal gemaak . Die kleppe is landwyd by koöperasies en landbouwinkels te koop , en nou ook by Agrimark sowel as Agriland-winkels , en selfs in Namibië beskikbaar !

FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 13