GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 12

12 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023
SWEETWATER KLEPPE | PROMOSIE

Sweetwater-kleppe les almal se dors

Die gesogte Sweetwater-klep is deur ’ n boer ontwerp , spesiaal vir boere .

Woorde : René Lötter

Meer as 20 jaar gelede moes die Ingram-familie van Sweetwaterplaas noodgedwonge hulle eie balkleppe vir hul waterkrippe ontwerp . Woord van die klep se effektiwiteit het egter vinnig versprei en ander boere het daarin begin belangstel . Vandag inspireer hulle suksesverhaal ander in die landbou . Vele gelukkige klante besing Sweetwater-kleppe se lof op sosiale media . Een van die kommentare lui : “ best ever ... high flow and no more blocked pipes !” Nog terugvoering van ’ n tevrede kliënt uit Namibië lui , “ die patent is baie eenvoudig - hy gooi wanneer hy moet gooi en stop wanneer hy moet stop . So eenvoudig soos dit .”

12 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023