GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 106

DIE BOEKEBLAD
BETEREINDER . WEES DIE VERSKIL SCHALK W VAN HEERDEN
Uitgewer : Lux Verbi
Betereinder is ’ n menslike gids oor hoe om te floreer in Suid-Afrika . Schalk W van Heerden verbreed lesers se verwysingsraamwerk in die hoop dat hulle ‘ n aktiewe rol in die land sal speel . Hy ondersoek huidige rassegesindhede en gee wenke oor hoe die wit middelklas beter met hul medemens kan omgaan . Hy wys hoe armoede bekamp kan word . Schalk beantwoord moeilike vrae en deel stories met humor en empatie wat die leser se hart sal aangryp en ook sal laat glo dat hulle ‘ n verskil kan maak .
MARINDA KOOK MET BLIKKIES EN PAKKIES MARINDA ENGELBRECHT
Uitgewer : Human & Rousseau
In haar derde boek wys Marinda hoe jy doodgewone blikkies en pakkies kan optower in spoggerige disse , wat met die grootste selfvertroue aan familie en vriende voorgesit kan word . Min mense sal die verskil proe tussen die watertandlekkerboontjiesop wat jy met blikkies en pakkies berei het en die ware jakob . Pak met jou volgende kruideniersware-aankope ’ n paar blikkies tamaties , peulgroente , sampioene , vis , vleis en natuurlik ingedampte melk en kondensmelk – in jou inkopiemandjie , en met Marinda kook met blikkies en pakkies byderhand kan jy feitlik enige smulgereg berei .
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 106