GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 9

DEUR DIE LENS
DANIE VAN DEN HEEVER JFD Boerdery , Marble Hall , Limpopo . Foto : Mia Truter
Danie staan aan die hoof van JFD Boerdery se tabak-produksie en het omtrent 200 ha onder hierdie gewas . “ Oupa het nog ‘ twak ’ hier op die trein gesit ,” sê Danie . Die skema het sowat 1 700 ha tabak in totaal en dit bestaan uit Virginia Leaf-kultivars BS4 , LK33 / 60 en LT93 . Alles word met oonde gedroog . JFD Boerdery het 90 oonde vir dié taak . Danie sê Suid-Afrika is ‘ n klein produsent in vergelyking met ander lande , dus word daar baie op kwaliteit gefokus . Almal lewer aan British American Tobacco . “ Al is dit een klant , kry ons goeie pryse in vergelyking met die res van die wêreld ,” sê Danie . Hy vertel dat pandemie-regulasies ‘ n reuse impak gehad het en dat die druk op produsente vererger het toe onwettige invoere hoogty gevier het . “ Insetkoste bly styg en pryse stagneer .” Aanplantings word al minder , maar vir Danie is daar steeds ‘ n aantrekkingskrag . “ Tabak is ‘ n intensiewe boerdery ,” sê Danie . “ Dit is ‘ n vuil- en spesialis-gewas wat deel van jou lewe word en ‘ n lekker uitdaging bied . ’ n Tabakboer kan steeds suksesvol boer , al het die tye ook verander . Ek haal my hoed af vir die jong manne , want dis ‘ n aanslag .”
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 9