TUINE | DOHNE MERINO EN ROSYNTJIES
Fritz is sedert Augustus 2014 NJ se regterhand op die plaas . Tussen lammers vang en druiwe droog , maak hy musiek saam met die Hardeveld Boereorkes . Fritz speel reeds die banjo , kitaar , konsertina en bekfluitjie , en leer homself nou om die pedal steel kitaar te speel . Met 22 snare en verskeie pedale kan ek goed glo dat die unieke instrument “ vrek moeilik ” is om te bemeester .
In die somermaande plant NJ ook spanspek en waatlemoen wat plaaslik versprei word . “ Ek plant net die grootste variëteite ,” sê hy , en deel ‘ n paar wenke om ‘ n goeie spanspek of waatlemoen te kies . “ Nee , jy klop hom nie ,” wys hy ons reg . “ As die stingel lank is , dan is die waatlemoen te groen gepluk . En as dit rondom die stingel rooi verkleur , dan weet jy hy is ryp .”
Dit is goed om te weet . Ek staan nooit weer in ‘ n supermark en klop aan ‘ n waatlemoen nie !
76 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023