GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 71

DOHNE MERINO EN ROSYNTJIES | TUINE
baan . Die gemiddelde droogtydperk is veertien dae , maar korinte kan binne so min as vier tot sewe dae gedroog word . NJ het ook al stelselmatig op die stok begin droog .
Die trekkerdrywers op Tuine weet hulle moet baie stadig naby die droogbane ry om nie stof op die korrels te kry nie . Volgens NJ droog rosyntjies lekker teen 34 ° C tot 40 ° C , maar bo 42 ° C begin die korrels te gis . NJ het met die 2019 oesjaar die Sugra39 op ‘ n Donderdag gesny en oor die naweek het die temperatuur opgeskiet na 48 ° C tot 52 ° C . “ Toe poep hy ,” se NJ . ‘ n Korrel “ poep ” as dit kook en van binne begin karamelliseer , wat die druiwekorrel kliphard maak . “ As korrels eers gepoep het , kry jy dit nooit weer reg
nie . Keurgraadrosyne moet verkieslik ‘ n suikertelling van tussen 88 en 92 hê en as jou suikers goed is , is die gradering ook goed ,” meen NJ , wat al sy rosyntjies aan SAD lewer . Tuine het ook 500 ha droogland koring en 40 ha koring onder besproeiing wat in Graafwater gelewer word .
OPGEPIEPDE RAMME EN GESINKRONISEERDE OOIE
Ons besoek die lamhok waar ‘ n paar lammers duidelik pasgebore is . “ Die ooie lam sedert middel Maart en ons lam nog steeds , dag en nag ,” sê NJ , wat die geboortes saam met sy voorman , Fritz Schoultz , bystaan .
NJ het in 2014 met die lamhokstelsel