GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 69

DOHNE MERINO EN ROSYNTJIES | TUINE

Tuine lê aan die voet van die Matzikammabergreeks met die indrukwekkende Maskamberg aan die oostekant en Gifberg in die weste . Maskam beteken “ plek van water ” en al bly die reën hier steeds skaars , is daar baie water – van berg- tot boorgaten vuurwater .

ARBEIDSINTENSIEWE ROSYNTJIES
NJ Wiese boer die afgelope ses jaar intensief met 1 200 ooie en 70 ramme Dohne Merino ’ s op sy plaas , Tuine . Hy het ook 60 ha rosyntjiewingerd met ‘ n verskeidenheid variëteite soos Selma Pete , Sugra39 , korinte , Dovine , Merbein , Flame en sultanas . NJ wil die sultanas uitfaseer omdat die stokke so wisselvallig dra . “ Een jaar dra hy baie en een jaar min . Ek wil dit met vroegrypwordende kultivars vervang sodat ek teen die tiende Januarie reeds kan oes .”
‘ n Graansirkel wat onder besproeiing staan , word geoes en dan in ‘ n droogbaan vir rosyntjies omskep . Skadunette word op ‘ n dik laag koringstoppels uitgelê en die druiwe word direk op die nette gedroog . Volgens NJ help die grondtemperatuur van onder om die korrels vinniger te droog . Hy het sy eie opteller gebou wat rosyntjies van die droogvloer af optel en terselfdertyd die skadunet oprol . “ Enigiets om die proses vinniger te maak ,” sê NJ , “ want rosyntjies is baie arbeidsintensief , veral die plukproses .”
Tuine het drie droogbane van tussen een tot drie hektaar per
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 69