NASIONALE MEESTER-SUIWELBOER WENNERS
Woorde : Danie Keet | Foto ’ s : Verskaf
Die 2024 ARC Nasionale Meestersuiwelboer Toekennings het weereens die uitblinkers in Suid-Afrika se suiwelbedryf vereer . Hierdie toekennings , aangebied deur die Landbounavorsingsraad ( LNR ), beklemtoon prestasie en uitnemendheid in vyf sleutelareas : kuddebestuur , somatiese seltelling , sowel as kleinskaal- , mediumskaal- en grootskaalsuiwel-boerdery .
Bo : Die wenners van die 2024 LNR Nasionale Meestersuiwelboer-toekennings , van links , dr Andrew Magadlela , LNR-Uitvoerende Groephoof : Veekunde , die LNR Nasionale Mediumskaal Meester-suiwelboer van die Jaar Pieter Steenkamp ( Tweekop Boerdery , Heidelberg , Wes-Kaap ), dr Litha Magingxa , President en HUB van die LNR , met die LNR Nasionale Kleinskaal Meester-suiwelboer van die Jaar-toekenning van Gugulomuzi Ngcobo ( Donnybrook , KwaZulu-Natal ), die LNR Nasionale Grootskaal Meestersuiwelboer van die Jaar Barry en Jane Schiever ( Foundation Farm , Weenen , KwaZulu-Natal ), Joyene Isaacs , LNR- Voorsitter , die LNR Nasionale Kudde met die Beste Tussenkalfperiode Heinrich Hurter ( Packwood Plaas , Plettenbergbaai , Wes-Kaap ), die LNR Nasionale Kudde met die Beste Somatiese Seltelling Etienne Zeeman ( E Zeeman , Swellendam , Wes-Kaap ), en prof . Norman Maiwashe , LNR-Hoofbestuurder : Diereproduksie .
50 GROND TOT MOND DES 2024 | JAN 2025