NUUS | BROKKIES
huishoudings het steeds nie toegang tot voedsaamheid nie .
Sorghum bied ’ n oplossing . Hierdie glutenvrye graan is ryk aan proteïene , minerale en vitamiene . Verder is dit ’ n geharde gewas wat droogte en uiterste hitte weerstaan en op marginale gronde met minimale insette , soos kunsmis , kan groei . Hierdie eienskappe maak dit uiters geskik in die lig van klimaatsverandering . Sorghum bied ook ekonomiese voordele vir boere , aangesien dit gebruik kan word vir menslike voedsel , dierevoer en selfs biobrandstof .
70 %
Die persentasie van die wêreld se sorghumproduksie wat gebruik word vir veevoer , met die oorblywende 30 % wat vir menslike verbruik , biobrandstof en industriële gebruike aangewend word . Sorghum is veral waardevol in droë streke weens sy vermoë om met min water te floreer .
SORGHUM SE UITDAGINGS Alhoewel sorghum talle voordele het , word boere steeds deur uitdagings ontmoedig . Mielie-opbrengste oortref dikwels dié van sorghum in goeie reënseisoene , en die sorghum-mark ly onder pryswisselvalligheid en peste , veral voëls . Belangrik is dat sorghum die enigste graan in Suid-Afrika is wat aan BTW onderhewig is , wat sy mededingendheid verder benadeel .
DIE HERLEWINGSPLAN
In 2022 het die Departement van Wetenskap en Innovasie ( DSI ) ’ n haalbaarheidsstudie van die sorghum-
42 GROND TOT MOND DES 2024 | JAN 2025