BROKKIES | NUUS
skap het die plaas ontwikkel tot ’ n gediversifiseerde onderneming wat klein grane , lewendehawe , wynproduksie en selfs ’ n voerfabriek insluit .
40,000
Die aantal wingerde wat reeds in 1756 by Groot Phesantekraal aangeplant was . Die plaas is in 1698 deur Kaapse Goewerneur Simon van der Stel aan Kaptein Olof Bergh toegeken , wat dit een van die oudste plase in die streek maak .
VOLHOUBAARHEID EN INNOVERING
Volhoubaarheid is die kern van Groot Phesantekraal se bedrywighede . Die plaas se gewasrotasiestelsel verbeter grondgesondheid en bevorder biodiversiteit , terwyl die gebruik van chemiese middels drasties verminder word . Verder help sonkraginstallasies en presisie-besproeiing om water en energie meer doeltreffend te gebruik , wat ’ n kleiner omgewingsimpak verseker .
INTERNE WAARDEKETTING
Die Brink-familie hou groot dele van hul waardeketting op die plaas . Dit verhoog nie net die winsgewendheid nie , maar verseker ook beter naspeurbaarheid van hul produkte – ’ n belangrike faktor in die hedendaagse mark .
’ N UITSONDERLIKE NALATENSKAP
Die plaas het verskeie toekennings gewen , insluitend die titel van Graan SA se Graanprodusent van die Jaar in 2022 en die Protein Research Foundation se Canola Yield Competition in 2015 . Groot Phesantekraal se wynproduksie is ook uitstaande , met FNB Top 10 Sauvignon Blanc-toekennings as deel van hul prestasies .
DES 2024 | JAN 2025 GROND TOT MOND 39