BROKKIES | NUUS
’ n pad na finansiële onafhanklikheid , terwyl studente hul vaardighede slyp in ’ n inter- nasionale omgewing . Francois Rossouw , uitvoerende hoof van Saai , verduidelik : “ Boerdery is meer as net ’ n werk – dit is ’ n roeping .
“ Boerdery is meer as net ’ n werk – dit is ’ n roeping .”
Hierdie program gee ons studente nie net ervaring nie , maar ook die finansiële steun wat hulle nodig het om hul drome te verwesenlik .”
PRAKTIESE ERVARING EN GROEI
Die rolle beskikbaar op die Landworks-platform sluit in werk met gevorderde trekkertegnologie , herstelwerk aan swaar voertuie en paneelklopwerk . Studente sal geleentheid kry om van die beste in die bedryf te leer en toegang tot moderne gereedskap en stelsels te kry .
WAT LÊ VOOR ?
Hierdie is net die begin . Die vennootskap beplan om in die toekoms meer werkgeleenthede in die landbousektor aan te bied , wat beteken dat daar nog meer opsies vir studente beskikbaar gaan wees . Saai moedig alle landboustudente aan om hierdie kans te gebruik om nie net vaardighede te ontwikkel nie , maar ook ’ n sterk finansiële grondslag vir die toekoms te bou .
HOE OM BETROKKE TE RAAK
As jy belangstel in hierdie werksgeleenthede , besoek Landworks . co . za vir meer inligting en om aansoek te doen . Moenie hierdie unieke kans misloop om jou loopbaan en jou toekoms in landbou vorentoe te neem nie !
DES 2024 | JAN 2025 GROND TOT MOND 35