Grond tot Mond Desember 2024 Januarie 2025 - Uitgawe 25 | Page 66

NUUS | BROKKIES

100 Nuwe Werkgeleenthede in Ierland vir Landboustudente

Saai het ’ n opwindende vennootskap met Landworks en die Ierse werwingsmaatskappy Crewit aangegaan om 100 gespesialiseerde werkgeleenthede in Ierland vir landbou- studente te skep . Hierdie geleenthede dek sleutelareas soos agri-meganika , vragmotoren buswerktuigkunde , paneelklopwerk , en vragmotorbestuur .

Hierdie program bied meer as net werk – dit gee jong aspirantboere die kans om praktiese ervaring op te doen met gevorderde tegnologie en masjinerie terwyl hulle verdien en spaar vir hul eie boerderyprojekte terug in Suid-Afrika .

WAAROM IS HIERDIE ’ N GROOT GELEENTHEID ?

Vir baie jong boere is toegang tot kapitaal een van die groot- ste struikelblokke . Hierdie inisiatief bied

34 GROND TOT MOND DES 2024 | JAN 2025