KOEITJIES & KALFIES
Lowerland : Waar natuur , boerdery en passie saamvloei
( - Lowerland Farm )
Op Bertie Coetzee se Lowerlandplaas , geleë in Prieska , word boerdery bedryf met ‘ n diep respek vir die natuur . Die plaas produseer ’ n wye verskeidenheid produkte – van wyn en grane tot neute , olywe , gedroogde vrugte en hul uitsonderlike vleis . Elke produk vertel die storie van volhoubaarheid en toewyding aan gehalte . Een van die unieke aspekte van Lowerland is hoe Bertie se varke tussen die wingerde wei . Hierdie diere speel ’ n natuurlike rol in die verryking van die grond en dra by tot ’ n regeneratiewe boerderystelsel . Die resultaat ? Vleis van topgehalte en wingerde wat floreer – ’ n perfekte harmonie tussen boerdery en natuur . Lowerland maak dit gerieflik om direk van die plaas te koop . Hulle lewer een keer per maand op vaste roetes . Vir meer besonderhede en om jou bestelling te plaas , besoek hul afleweringskalender by www . lowerland . co . za / shop of kontak hulle direk : 066 124 1056 orders @ lowerland . co . za
DES 2024 | JAN 2025 GROND TOT MOND 23