KOEITJIES & KALFIES
Koeitjies & kalfies
Geniet ‘ n paar diamantjies van landbou-gefokusde sosiale media platforms . Van skerpsinnige vrae en ligte grappies tot hartroerende verhale wat jou dag sal opkikker .
Elke aand kry ons dooie vlermuise in die gang van ons huis . Hulle lewe vir so ’ n halfuur en vrek daarna . Ons het geen gif in die dak gesit nie . Dit is baba- en groot vlermuise .
( - Kom ons Boer )
18 GROND TOT MOND DES 2024 | JAN 2025
Miskien is dit die erge hitte in die dak wat hulle laat uitkom . As jy in jou dak klim , sal jy voel hoe warm dit is wanneer die buitetemperatuur so hoog is .
As ’ n vlermuis op die vloer beland , tel dit met ’ n lappie of skoppie op en sit dit in ’ n boom of ’ n koel , hoë plek . Hulle kan nie van die grond af opvlieg nie , maar moet van ’ n hoë plek af “ duik ” om te kan vlieg .
Vlermuise speel ’ n groot rol in die beheer van muskiete en ander insekte . Dis jammer dat daar soveel verkeerde persepsies oor hulle bestaan , soos dat hulle hondsdol-heid oordra of in mense se hare nes maak . Hierdie diertjies verdien ons beskerming en nie ons vrees nie .