Grond tot Mond Desember 2024 Januarie 2025 - Uitgawe 25 | Page 141

NASIONALE MEESTER-SUIWELBOER WENNERS

produksie . Hy meen dat goeie bestuur van hierdie eienskappe ’ n positiewe impak op die langslewendheid van koeie het .

Waarom Jerseys ? Jerseys is volgens Pieter die beste keuse vir suiwelboerdery in die Suid-Kaap . Omdat hul melk hoofsaaklik vir kaasproduksie gebruik word , is die hoë bottervet- en proteïeninhoud van Jerseys ideaal . Hy verduidelik dat hulle ver van die mark vir vars melk is , en daarom maak die kaasmark perfekte sin vir hul besigheid .

Diversiteit op die plaas Pieter diversifiseer ook sy bedrywighede deur graan , soos koring , gars , canola en koljander , te verbou . Hy boer ook met merinoskape en vestig lusern op droëlande vir weiding . Tot en met die einde van 2023 het hulle in twee aparte stalle gemelk – een vir volvoerkoeie en een vir

DES 2024 | JAN 2025 GROND TOT MOND 71