Grond tot Mond Desember 2024 Januarie 2025 - Uitgawe 25 | Page 139

NASIONALE MEESTER-SUIWELBOER WENNERS

kondisie tydens laktasie te verseker . Hierdie presiese benadering verseker ook goeie kalfintervalle . Pieter glo dat prestasiemeting ononderhandelbaar is . Volgens hom is dit eenvoudig : “ As jy nie meet nie , weet jy nie . As jy nie weet nie , kan jy nie verbeter nie .”

Presisiepraktyke en genetika Pieter is ’ n sterk voorstander van presisieboerdery en pas dit toe in beide sy gewasproduksie en melkery . Grondontledings en opbrengskaarte van vorige jare bepaal die veranderlike toediening van kunsmis , wat sorg dat hulpbronne optimaal gebruik word . Hy monitor sy koeie nie net op groepsvlak nie , maar op individuele vlak , met voeding , laktasie en reproduksiestatus wat noukeurig dopgehou word . By bulseleksie fokus hy op langlewendheid , koeigemak , uiergesondheid en

70 GROND TOT MOND DES 2024 | JAN 2025