Grond tot Mond Desember 2024 Januarie 2025 - Uitgawe 25 | Page 137

NASIONALE MEESTER-SUIWELBOER WENNERS

Die grondslag van sukses in suiwelboerdery Pieter glo dat sukses in suiwelboerdery daarop neerkom om die basiese dinge reg te doen . Hy benadruk dat voeding die sleutel is tot sukses – elke koei moet genoeg voer van hoë gehalte kry wat by haar produksiefase pas . Hy beklemtoon ook dat kalfintervalle so laag as moontlik gehou moet word sodat koeie vroeg in hul laktasie dragtig raak . Dit is verder belangrik dat kalwers oorleef , goed groei en teen 24 maande op die regte gewig melk toe kan gaan . Voerkoste is volgens hom die grootste uitgawe op ’ n plaas , en hy bestuur dit versigtig deur soveel as moontlik hul eie ruvoer , soos kuilvoer en strooi , te produseer . Konsentrate word aangekoop om die beskikbare ruvoere te balanseer . Hy maak staat op tegnologie om elke koei op ’ n individuele vlak te bestuur . Elke koei se produksie , massa en voeding word gemonitor , met melkproduksie as ’ n persentasie van liggaamsmassa wat help om optimale

DES 2024 | JAN 2025 GROND TOT MOND 69