Grond tot Mond Desember 2024 Januarie 2025 - Uitgawe 25 | Page 131

NASIONALE MEESTER-SUIWELBOER WENNERS

Van ’ n eenvoudige skuur na ’ n moderne melkery Omdat sy melkery aanvanklik in ’ n eenvoudige skuur bedryf is , het Ngcobo en Stapylton-Smith besluit om vir ’ n meer doeltreffende melkstelsel te gaan . Met die hulp van die plaaslike departement van landbou en befondsing van ongeveer R11 miljoen , kon Ngcobo ’ n dam bou , ’ n 20-punt-melkstelsel installeer , en sy plaas verbeter met elektrisiteit , watergeriewe , en melkmasjinerie . Hierdie verbeteringe het sy melkery verander . Waar dit voorheen die hele oggend geneem het om sy koeie te melk , kan hy nou binne twee uur 2200 liter melk per dag produseer . Die dam , wat naby sy stalle geleë is , het sy werk aansienlik verlig – hy hoef nie meer lang afstande te loop om water vir sy vee te kry nie en sy werksdae eindig nou rondom 17:00 in plaas van 21:00 .

66 GROND TOT MOND DES 2024 | JAN 2025