NASIONALE MEESTER-SUIWELBOER WENNERS
4 GROND TOT MOND DES 2024 | JAN 2025
GUGULOMUZI NGCOBO VAN DONNYBROOK KWAZULU-NATAL Vasberadenheid lei tot suksesvolle melkproduksie
Die verhaal van Gugulomuzi “ Ducky ” Ngcobo is een van vasberadenheid en liefde vir boerdery . Hy het sy melkery op Summerhill in Donnybrook , KwaZulu-Natal , vanaf ses koeie met die hand gemelk tot ’ n moderne onderneming uitgebou waar 300 koeie daagliks gemelk word .
Sy mentor en boesemvriend , Robert Stapylton- Smith , vertel die merkwaardige storie van hoe Ngcobo ’ n finansieel volhoubare melkery opgebou het . Danksy sy harde werk en deursettingsvermoë is hy vanjaar aangewys as Klein Meester-Suiwelboer van die Jaar . Ngcobo , wat nou 71 jaar oud is , praat hoofsaaklik Zulu en min Engels . Deur Stapylton-Smith het hy sy