NASIONALE MEESTER-SUIWELBOER WENNERS
“ Melkboerdery bring sy eie uitdagings , van onvoorspelbare weer tot skommelinge in melkpryse . Maar ons leef ’ n hoë kwaliteit , maar beskeie lewe hier op die plaas . Ons kan ons nie indink om iewers anders te wees nie .”
Suiwelbedryf : ’ n Noodsaaklike skakel in landbou Jacques beklemtoon die belangrikheid van die melkbedryf in Suid-Afrika se landbou en ekonomie . Hy wys egter op die groot uitdagings soos stygende insetkoste , wat vererger is deur die oorlog in die Oekraïne . “ Ek kan my nie indink hoe Suid-Afrika sonder melkboere of melk kan funksioneer nie . Dit is ’ n stapelvoedsel en vorm die basis vir baie ander noodsaaklike voedingstowwe . Vir my is dit belangrik om te weet wat in my melkery aangaan . Deur alles te meet – produksie , kosverbruik , en meer – kan ons suksesvol bestuur . Wie nie meet nie , weet nie . Ek glo daar is steeds ’ n toekoms vir melkboerdery , maar dit verg ’ n skerp potlood en goeie bestuur .”
DES 2024 | JAN 2025 GROND TOT MOND 63