Grond tot Mond Desember 2024 Januarie 2025 - Uitgawe 25 | Page 122

NASIONALE MEESTER-SUIWELBOER WENNERS

Jerseys begin boer . Met inspirasie en leiding van Oom MC Truter , bekend as “ Mnr . Jersey ,” het hy die genetiese gehalte van sy kudde verbeter .

’ n Fokus op genetika en tegnologie Sedert die laat 1970 ’ s gebruik Jacques uitsluitlik kunsmatige inseminasie ( KI ), wat ’ n groot verskil aan die kudde se genetika gemaak het . Sy rol in die suiwelbedryf het ook gegroei , en hy het Barrydale op die MPO verteenwoordig en later tot die Melkraad toegetree . Vandag melk hulle 170 koeie in ’ n 8-punt-visgraadmelkstal – ’ n groot sprong van die ses koeie waarmee alles begin het . Jacques glo dat die mentorskap en samewerking oor die jare die plaas tot sy huidige sukses gelei het .

62 GROND TOT MOND DES 2024 | JAN 2025