Grond tot Mond Desember 2024 Januarie 2025 - Uitgawe 25 | Page 120

NASIONALE MEESTER-SUIWELBOER WENNERS

’ n Erfenis van harde werk Jacques se pa het die plaas in 1969 gekoop vir R40 000 , terwyl Jacques aan sy tweede jaar van sy BComm-studies aan Stellenbosch gewerk het . In 1970 het hulle die buurplaas vir R55 000 aangeskaf . Beide plase het minimale infrastruktuur gehad , en dit het harde werk geverg om dinge aan die gang te kry . Jacques het in 1972 op die plaas begin werk en het die aanvanklike kudde van ses koeie , wat met die hand gemelk is , help uitbrei . Die melk is in 40-liter kanne versamel en na Nestlé se fabriek in Robertson gestuur . “ Om ons kontantvloei te verhoog , het ek weiding begin ontwikkel met die hulp van mentore soos Prop van Vuuren van Fedmis en kundiges van die LNR en Bonita . Dit het die grondslag gelê vir die uitbreiding van ons melkery .” In 1980 het Jacques besluit dat suiwelproduksie die primêre bedryf op die plaas sou word . Hy het die melkstal opgegradeer , in ’ n melkmasjien belê , en spesifiek met

DES 2024 | JAN 2025 GROND TOT MOND 61