NASIONALE MEESTER-SUIWELBOER WENNERS
bedryf en fokus op die basiese boustene wat sukses verseker . “ Die belangrikste eienskap van ’ n suksesvolle suiwelboer is kos . Ons melkbeeste wei ses uur per dag op weiding , kry kragvoer in die stal , en snags gee ons hooi in die kraal sodat ons die mis kan hergebruik op die landerye .” Jacques boer met Jerseys , wat hy verkies vir hul maklike kalwings en hoë vastestowwe in die melk – iets wat die kaasfabriek waaraan hulle lewer , verkies . Sy kudde bestaan uit 170 melkkoeie , sowat 200 diere in totaal , met nog ongeveer 30 verse ouer as een jaar en 30 jonger as een jaar .
4 GROND TOT MOND DES 2024 | JAN 2025