Grond tot Mond Desember 2024 Januarie 2025 - Uitgawe 25 | Page 112

NASIONALE MEESTER-SUIWELBOER WENNERS

“ Ons hou ’ n koei so lank as moontlik in die melk , en die oudste koei in ons kudde is in haar 12de laktasie en is 14 jaar oud . Die Delpro-sagteware gebruik die melkmeters in die put om daaglikse produksie aan te teken . Hierdie data word in die DIMSSA-sagteware ingevoer , waar ons al ons registrasiedata berg en die melkmetings indien .” Barry glo melkprodusente maak ’ n reuse-bydrae tot die landbousektor , en die impak daarvan is baie wyer as net die verskaffing van melk .

Melk : ’ n Voedsame kossoort wat voedselsekerheid verseker “ Kommersiële melkproduksie is noodsaaklik om die volumes en hoë gehalte melk te verskaf wat ’ n groeiende bevolking benodig . Alhoewel melk as ’ n drankie beskou word , is dit inderwaarheid ’ n volledige voedsame kossoort . Dit het ’ n goeie balans van makrovoedingstowwe soos proteïene , koolhidrate en vet , terwyl dit ook ’ n ryk

DES 2024 | JAN 2025 GROND TOT MOND 57