Grond tot Mond Desember 2024 Januarie 2025 - Uitgawe 25 | Page 110

NASIONALE MEESTER-SUIWELBOER WENNERS

hoër is as wat hulle sou wou sien , maar omdat hulle druk toepas om die kudde so vinnig as moontlik uit te brei , het hulle van die minder vrugbare koeie in die kudde gehou om hiermee te help . Hulle verbeter deurgaans hul groeistelsels en pas dit by omstandighede aan .

Moderne melkpraktyke by Foundation Farm Foundation Farm melk in twee melkstalle . Die eerste laktasie-koeie word in ’ n 20-punt-Delaval-oorswaaistelsel gemelk . Die nuwe melkstal het twee Delaval 30-puntswaaiputte langs mekaar wat tans 1 100 koeie in 3,5 uur melk . Delpro-sagteware word in albei gevalle gebruik . Die ou melkstal melk 400 eerste laktasie-koeie in twee sessies per dag , terwyl die nuwe stal 1 100 koeie hanteer , ook in twee sessies .

56 GROND TOT MOND DES 2024 | JAN 2025