Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 39

BROKKIES | NUUS

Gesondheid, gehalte en nuwe geleenthede

Verbruikers skuif toenemend na produkte met min of geen bymiddels en rosyne pas goed by hierdie gesondheidsbewuste tendens. Suid Afrika se warm, droë klimaat maak dit moontlik om groot, smaakvolle rosyne te produseer wat internasionaal uitstaan.

88 %

Die persentasie van Suid Afrika se rosyne wat na oorsese markte uitgevoer word.

Die grootste groei lê egter in waarde toevoeging. Klein peuselpakkies, gesondheidsmengsels en gemaklike bak en kook formate bied nuwe kanse om rosyne as’ n premium en natuurlike produk te bemark en om weg te beweeg van’ n suiwer kommoditeitstatus.

DES 2025 | JAN 2026 GROND TOT MOND 0