Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 23

’ n Bedryf wat groei – en uitdagings trotseer

BROKKIES | NUUS

In sy toespraak het Minister van Landbou, John Steenhuisen, die land se rekordgraanoes van meer as 23 miljoen ton vir 2025 beklemtoon, maar ook gewaarsku dat produsente onder druk staan: insetkoste styg, kommoditeitspryse is onder druk, en klimaatuitdagings word al groter. Juis daarom is produsente soos Viljoen belangrik vir die sektor – boere wat wys wat moontlik is wanneer langtermynbeplanning, tegnologie en volgehoue investering saamwerk.

“ Boere ondersteun hulle dorpe en gemeenskappe,” het Viljoen gesê – iets wat duidelik blyk uit sy betrokkenheid by plaaslike projekte en die manier waarop sy boerdery in mense belê.

Hansie Viljoen se toekenning is meer as’ n trofee. Dit is’ n bewys dat volhoubare boerdery – gedryf deur grondrespek, tegnologie, mense en aanpasbaarheid – steeds die hoeksteen van die Suid-Afrikaanse graanbedryf is. En dit wys dat gesinne soos die Viljoens sonder twyfel’ n nalatenskap bou wat ver langer sal hou as net een seisoen.

DES 2025 | JAN 2026 GROND TOT MOND 23