NAMPO | BROKKIES
Historiese pensteekkompetisie bring vroue- en juniorryers vir die eerste keer na die arena
Die perdeprogram beloof opwinding met’ n internasionale pensteekkompetisie tussen Suid-Afrika en Australië. Vir die eerste keer sluit hierdie historiese byeenkoms’ n vrouespan en’ n onder-21-juniorspan in –’ n groot stap vir jeug- en vroue-betrokkenheid in’ n sport wat tradisioneel deur mans oorheers word.
Pensteek,’ n ruitersport wat uiterste presisie en spoed verg, vind oor drie dae plaas met lans-, swaard- en aflositems. Die skou bied ook gimkana-spele, perdeboogskut en ander ruiter-uitdagings.
Met sowat 80 % van plaaslike pensteekruiters uit’ n boerdery-agtergrond, vorm die sport’ n unieke skakel tussen landbou en kultuur. Internasionale beoordelaars verseker wêreldklas standaarde, terwyl regstreekse uitsaai na meer as 40 lande Suid-Afrika se perde-erfenis wêreldwyd vertoon.
38 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025