Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Page 33

BROKKIES | NAMPO

Die energieke Francois Boyce, bekend van“ Hoezit samelewing”, skop die program af met sy skerpsinnige humor en bemoedigende boodskappe. Sylvia Nel deel’ n aangrypende getuienis van hoop te midde van droogte en persoonlike verlies, terwyl die geliefde Hannes van Wyk gesels oor drome, volharding en die waarde van inspirasie. Marinda Engelbrecht bring haar warmte en liefde vir kos, en PG Engelbrecht kombineer komedie met towertruuks in“ Vrouens is magic”.

Vir diegene wat kreatief wil raak, bied Johan Coetzee van Zerocrete’ n praktiese sessie“ Kom giet jou hart in sement” aan –’ n kans om iets uniek met jou eie hande te skep.

Die program sluit af met’ n musiek: Bok van Blerk, Jo Black en Andriëtte Norman sorg vir’ n musikale hoogtepunt wat beloof om elke hart te roer en die gehoor saam te laat sing.

AUG | SEP 2025 GROND TOT MOND 33